Terug na die Nuusblad
 
Terug na die Hoofblad
 
   
TOTALE BEHEER OOR DIE BEVOLKING
Deur ons redaksie

Hierdie Kommunistiese regering, net soos alle Kommuniste regoor die wêreld,  soek totale beheer en regulering van die bevolking. As hulle kon, sou hulle selfs die lug wat ons inasem probeer beheer. Kom ons kyk gerus hoe ver het hulle alreeds in die rigting van beheer gevorder en wat hulle nog alles beplan.

Hulle het al die water in die land, beide bo die grond en onder die grond genasionaliseer. Selfs boorgate word onder die regering se beheer geplaas. Geen water sal gebruik mag word sonder hulle goedkeuring nie.

Alle minerale bronne bo die grond, en selfs die onder die grond, word genasionasliseer. Dit maak die pad oop sodat daar voortaan net aan hulle familie, hulle vriende, die omkopers en ander trawante van hulle toegang tot die minerale bronne sal gee.

Die ANC Regskommissie het aanbeveel dat die telekommunikasie bedryf moet gespesialiseerde toerusting op hulle eie onkoste aanskaf wat die regering in staat sal stel om mee te luister na enige gesprek. Dit geld vir alle telefone, selfs selfone en die internet met al sy e-pos. Hierdie is ‘n direkte skending van ons menseregte en reg op privaatheid, maar dit pla hierdie Swart regime gladnie. Saam met die Blanke en Indier aanhitsers wat agter hulle skuil, sal hulle hierdie wetgewing net eenvoudig deurvoer. Hulle doel om alles te beheer, heilig die middel.

Daar is ook ‘n Swart politieke Kommissaris aangestel vir die regstelsel. Hy is ‘n soort Super Prokureur-generaal wat alleenreg sal hê oor wie vervolg moet word en wie nie. As hy byvoorbeeld moes besluit dat Colin Chauke nie verhoor mag word nie, dan word die saak teen hom teruggetrek. Hierdie Kommisssaris het onlangs beveel dat ‘n regter borg moet toestaan aan langtermyn Swart gevangenes in ‘n saak waar twee regters  alreeds borg geweier het. Die regter het die Kommissaris hewig gekritiseer, borg geweier en gladnie gehoor gegee aan die bevel nie.

Dan is daar die aanstelling van die Kommunis Tito Mboweni as die politieke Kommissaris en Goewerneur van die Reserwe Bank. Hy weet niks van die bankwese, maar hy sal van Augustus hierdie jaar in beheer volle beheer wees van die Reserwe Bank. Hy sal invloed hê oor elke sent wat in ons beursies beland en alles wat gekoop en verkoop word. Niemand sal mag geld die land uitneem,  tensy dit sy goedkeuring wegdra nie. Hy sal alle rentekoerse bepaal en besluit oor hoeveel geld daar gedruk moet word wat in geheel en al deur die Reserwe Bank beheer word. Dit sal ook hy wees wat met sy besluite sal bepaal  wat die inflasiekoers gaan wees. Die Reserwe Bank het ook alleenreg om al die land se goud en ander reserwes te berg en selfs te verkoop. 

Ons wil net noem dat die regering nie ‘n enkele aandeel in die Reserwe Bank mag of besit nie. Hierdie geheimsinnige Bank is geregistreer as ‘n openbare maatskappy. Dit is ook die enigste openbare maatskappy wat beskerm word deur wetgewing sodat daar verhoed word om uit te vind wie eintlik die Reserwe Bank besit. 

Dan is daar die Swart Sport Kommissaris wat aangestel is om te verseker dat die meeste geld wat vanaf sport afkomstig is, uiteindelik in die sakke van Swart amptenare beland. Die onlangse Rugby sirkus is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Soos aangekondig, sal dit ook die Kommissaris se taak wees om te verseker dat alle spanne met ‘n meerderheid onbevoegde swartes gelaai word. Meriete sal voortaan gladnie meer ‘n rol speel nie. Spanne moet gekies word op die Swart velkleur van die deelnemer.

Die ergste kom nog! Om verder totale beheer uit te oefen, het die regering besluit om geen dokument wat nie ‘n staafkode het nie, toe te laat om te stem nie. Dit word beskou as teenstrydig met die huidige Grondwet en dit word nou moontlik teruggetrek want daar is politieke partye wat die geldigheid hiervan in die howe wil gaan toets. 

Alle dokumente soos paspoorte en identiteits-dokumente word nou uitgereik met ‘n staafkode en die aansoeker se vingerafdruk om die bevolking beter te kan beheer. Hierdie word deur sommige mense as onbelangrik beskou, maar dit wat nog beoog word, kan skrikwekkende gevolge hê.  Ons vertel verder daaroor hieronder.

Die afgelope aantal jare is hierdie Kommunistiese regering besig met navorsing wat die totale en finale beheer oor die bevolking sal kan uitoefen. Ons het uit ingeligte bronne verneem dat hierdie Kommunistiese regime deur ‘n front maatskappy,  ‘n vingerafdruk stelsel ontwikkel het, waarvolgens hulle alle besonderhede van enige persoon in ‘n staafkode sal kan plaas. Dit sal hulle in staat stel om die finale en totale beheer oor die bevolking uit te oefen. Die staafkode sal nie net jou vingerafdruk bevat nie, maar daar sal alle persoonlike en selfs sensitiewe detail, opgevat wees daarin.  Ons het hierdie stelsel self gesien en onder oë gehad. 

Hierdie tegnologie is die gevolg van jare se intense navorsing en samewerking tussen Suid Afrika en Taiwan. Burgers van albei lande het baie jare in die grootste geheimhouding met hierdie projek saamgewerk in beide Taiwan en in Suid Afrika. Hierdie tegnologie is gereed en kan onmiddelik toegepas word op die bevolking. Die enigste probleem is dat daar baie geld gevind moet word vir die groot Kompers wat hierdie stelsel se staafkodes sal kan opneem en verwerk. 

Indien daar wel besluit word om die bostaande staafkode te implimenteer, dan sal dit verregaande implikasies vir die bevolking hê, veral ons Boervolk. Jou hele lewe sal opgeteken wees in een enkele staafkode. Ons sal ook geen meer privaatheid geniet nie. Ons kom en gaan sal altyd gemonitor word elke keer wanneer ons amptelike dokumente moet toon. Wanneer jy ‘n motor koop, huiskoop of huur, die dokter besoek, geld by die bank trek, rekenings oopmaak en selfs  rekenings betaal, sal besonderhede van jou hele lewe voor selfs die nederigste klerkie en amptenare lê met slegs een enkele “scan” van die staafkode. 

Die bostaande is maar net enkele voorbeelde, maar hierdie stelsel sal sorg dat geen landsburger meer enige privaatheid geniet nie. Jou hele lewe sal oopgevlek
wees vir enige persoon wat dit wil bekom. Dit sal ook ‘n gulde geleentheid bied vir die ander kriminele wat buite die regering is om hulle slagoffers se privaat besonderhede te bekom deur net na die staafkode in hulle alledaagse dokumentasie te kyk.   Die gevolge van hierdie gedrog is net eenvoudig skrikwekkend.  Die Kommuniste het nou totale beheer oor die bevolking vervolmaak.