DIE RESERWE BANK MONSTER
Die siening van ons Hoofuitvoerende beampte Fred Rundle
Die Suid Afrikaanse Reserwe Bank is niks anders as 'n monster wat
geskep is deur die Nuwe Wêreld Orde (New World Order) om die
bevolking in finansiele slawerny te hou nie. Hierdie geheime bank, met
die hulp van die handelsbanke, het 'n totale beheer oor elke sent wat ons
verdien sowel as uitgee. Ons sal in 'n opvolg artikel die rol van die handelsbanke
beskryf. Om die rol wat die Reserwe Bank in ons lewens speel en die bedrog
wat teen die Boervolk gepleeg is, sal ons eers moet teruggaan na die begin
van hierdie eeu.
Na die oorlog teen die Engelse, was die Boervolk tydelik platgeslaan.
Hulle plase was verwoes, hulle vee was doodgeskiet en hulle huise was afgebrand.
Die Engelse, wat die vaandeldraers van die New World Order was, het gedink
deur 27,000 Boervolk vroue en kinders uit te moor, het hulle finaal hierdie
trotse Volkie vernietig. Toe hulle sien dat die Boervolk nooit sal gaan
lê nie, het hulle die Boervolk se taal verban en die kinders verkleineer
op die skoolbanke. Nadat hulle gesien het dat selfs dit nie help nie, het
hulle die magdom geld tot hulle beskikking gebruik om die gehate Boervolk
se identiteit te verander. Liberale Afrikaans sprekendes en ander subtiele
reklame was ingespan om eerder die naam Afrikaner te gebruik, as die naam
Boer. Hulle het gemeen dat as hulle lank en gereeld genoeg na die
Boervolk verwys as die Afrikanervolk dan sal hulle dit uiteindelik aanvaar.
Hierdie breinspoeling was so ver gevoer dat die MANS (let wel daar dien
geen vroue nie) wat op die Nasionale Vroumonumentkommissie dien, die statuut
van 1940 in Augustus 1987 verander het deur die woorde "Boere-nasie" daarin
te verander na "Afrikaner-nageslagte". Moenie verbaas wees as daar eendag
verwys word na die "Afrikaneroorlog" in plaas van die "Boereoorlog" nie.
Hoe meer bizar kan mense word?
Die Boervolk wat basies eintlik landbouers was met min kennis van
ekonomiese sake, het gevoel dat hulle moet hulself ekonomies bemagtig.
Dit is toe dat die Boere gemeenskapsleiers oorreed was om 'n organisasie
te stig wie se doel dit was om die Boervolk se taal te beskerm en selfs
uit te bou en om Die Boervolk ekonomies te bemagtig. Omdat die taal
onderdruk was, het hulle besluit dat die kundiges van die Volk op uitnodiging
alleen in so 'n organisasie opgeneem sou word. Die organisasie se lidmaatskap
moes geheim gehou word uit vrees vir weerwraak deur die Engelse teen hulle.
Die Broederbond was toe gestig.
Die pennies en tiekies van die Boervolk was ingesamel om Organisasies
soos Federale Volksbellegings te stig. Later het Sanlam en andere gevolg.
Oor die jare het die Broederbonders Afrikaners geword, net hulself bemagtig,
en deesdae neem hulle 'n volwaardige plek in die New World Order in en
die voortou om die swartes te bemagtig. Toe hulle wou uitbrei, het hulle
hulself gewend tot die NWO order wat hulle met kapitaal voorsien het. Dit
het teen 'n prys gekom, nl die uitverkoping van die Boervolk. Hulle is
deesdae heeltemal verstrengel in mekaar met kruis aandeelhouding
ondermekaar. Dit is die uiteinde wanneer organisasies in die geheim konkel
en nie die toets van daglig kan staan nie.
Toe die New World Order besef dat die Boervolk weer deur hardewerk
aan die opstaan is, het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat hulle ekonomies
beheer moet word. Teen daardie tyd was daar al menige Boere wat Afrikaners
geword het, of so gedink het deur die breinspoeling, en met hulle aktiewe
steun en hulp is die gedrog Reserwe Bank in 1920 gestig en in 1922 op die
aandelebeurs genoteer. Aangesien die Boervolk teen daardie tyd nog ekonomies
naief was, het hulle die stigting aanvaar op die aanbeveling van hulle
politieke leiers. Daar was vir die die bevolking vertel dat hulle die land
se bates uit die hande van die politici wil hou. Hulle het egter versuim
om vir die bevolking te vertel is dat hulle eintlik die bates van die land
onder die NWO wil plaas.
Die NWO was so selfversekerd en dronk met mag dat hulle die Reserwe
Bank as 'n privaat maatskappy gestig het. Dit was gestig met 'n skamele
kapitaalbasis van twee mijoen aandele van 100 sent elk. Teen die
huidige prys van R85 per aandeel, beheer die NWO se Reserwe Bank vandag
die hele Suid Afrikaanse ekonomie met slegs R170 miljoen Rand. Vir
'n privaatmaatskappy het hierdie gedrog bank skrikwekkende magte oor die
bevolking.
Met die stigting van hierdie bank, was wetgewing aangeneem wat verseker
het dat dit die enigste maatskappy in die land is waarvan die bevolking
nie mag weet wie die bank besit en sy aandeelhouers is nie. Die regering
mag ook geen enkele aandeel in die bank besit nie en het geen seggenskap
oor hom nie. Aandeelhouding is beperk tot 10,000 (0,5%) per aandeelhouer
om kastig te verseker dat niemand beheer oor die bank kry nie. Wat hulle
nie sê nie, is dat as Harry Oppenheimer en sy Afrikaner Hoggenheimer
meelopers vir elk van hulle familielede en maatskappye elk 10,000 aandele
koop, dan is die bank in die NWO se hande, soos dit wel is. Nog 'n
feit is dat gedurende 1997, slegs 6,8% van die bank se aandele verhandel
het, wat daarop neerkom dat tenminste 93,2% aandele in die veilige besit
van die NWO is.
Oor die jare het die Parlement onbeduidende wysigings aangeneem om
die Reserwe Bank kastig meer demokraties te maak. As privaatmaatskappy
het die Reserwe Bank die reg om toe te slaan op jou huis en jou kluis oop
te sluit. Die land se goud en geldreserwes is in sy besit en hy bepaal
hoeveel geld die land mag verlaat of inkom. Hy het die alleenreg om rentekoerse
te bepaal en inflasie te manipuleer soos wat hy voel nodig is om die bevolking
in toom te hou. Ons het nog nooit 'n gewone man op straat raakgeloop wat
hulle kastige inflasiekoers glo nie. Hierdie bank se beleid verseker ook
watter persentasie die NWO handelsbanke vra as rente op huislenings, huurkooplenings
op motors en meubels, oortrokke rekenings, inderwaarheid enige iets
waar geld betrokke is. Hierdie NWO bank het ook die alleenreg om munte
en note te druk en ook hoeveel. Hy is inderdaad 'n wet op sy eie.
As enige landsburger of maatskappy in geldelike moeilikheid raak,
dan speel hy bankrot. As jy egter deel, of 'n front van die NWO is, dan
gebruik die Reserwe Bank die belastigbetalers se gelds om hulle te steun.
Daar is talle voorbeelde waar hierdie Bank vir privaatmaatskappye gered
het deur aan hulle geld te "leen". Die bekendste geval was 'n aantal jare
gelede met die Bankorp oorname deur Absa.
Die Reserwe Bank het R5 miljard belastingbetalers geld in die geheim
aan ABSA
gegee om hom van ondergang te red wat die oorname meegebring het.
Selfs Absa het in sy daaropvolgende state hierdie reddingspakket verdoesel.
Dit het onlangs eers aan die lig gekom en daar was kastig 'n "ondersoek"
gelas wat in elk geval op niks gaan uitloop nie. Dit is die NWO aan die
werk op sy lelikste en die soustrein politici is doodstil daaroor.
Nog 'n aspek wat meeste mense, indien nie almal, weet is dat die
Reserwe Bank die grootste disinvestering in die land toegelaat het oor
die jare vir hulle NWO bondgenote. Enige persoon wat sonder hulle toestemming
geld die land uitgeneem het, was aangekla en toegesluit. Die NWO maatskappye
en bedmaats het by die Bank vergunning gekry om sogenaamde "offshore investments"
aan te gaan. Die doel was kastig vir die maatskappye om vir Suid Afrika
geld in die buiteland te verdien. So het die Oppenheimer maatskappye byvoorbeeld
vir Minorco in die buiteland gestig. Dit is maar net een van honderde gevalle.
Minorco is vandag duisende miljard werd, sonder dat Suid Afrika enige noemenswaardige
bate daarby gevind het. Daar word beraam dat van al die miljarde se "offshore
investments", Suid Afrika nie eers jaarliks 0,005% in dividende teruggekry
het nie. Die NWO het gesorg dat hierdie geld is vir Suid Afrika altyd
verlore sal bly.
Soos die dekades verbygegaan het, het die NWO en hulle Afrikaner
Broederbond meelopers gesorg dat die Boervolk hulle identiteit verloor
het met hulle breinspoeling. Die meelopende NWO Broederbond, onder hulle
nuwe naam, Die Afrikanerbond, het hulle deure nou oopgegooi vir rassevermenging,
Die meerderheid Afrikaners sluk moelik aan rassevermenging en so 'n bont
spul. Dit is opsigtelik en wonderlik om te sien dat die meeste Afrikaners
nou weer hulle wortels soek en uitvind dat hulle eintlik deel van die Boervolk
is. Ons verwelkom hulle terug met ope arms, want hulle hoort by ons.
Soos gesien word, moet ons Boervolk nooit weer toelaat dat geheime
organisasies gestig word nie en dit moet verban word in ons eie vrye Volkstaat.
Mense wat aan so 'n trop mentaliteit lei moet tot ander insig gebring
word. Mense wat in die donkerte van die nag bymekaar kom agter geslote
deure net om te konkel teen hulle eie volksgenote, moet ten sterkste verdoem
word. Ons het gesien hoe in die Nasionale Party oor die jare, jy alleenlik
'n kabinet en ander senoir pos kon beklee, as jy 'n Broederbonder was.
Vryheid 2000 glo dat mense volgens hulle vermoë poste moet beklee
en nie volgens hulle verbintenis met 'n gekonkelary agter die Volk se rug
nie. Hierdie is 'n feit soos 'n koei en is nie onderhandelbaar nie.
|