Terug na die Nuusblad
 
Terug na die Hoofblad
 
   
SKELMSTREKE MET DIE PETROLPRYS
Deur Fred Rundle
 

Ons het in 'n vorige artikel gewys hoe daar aanduidings is dat daar skeimstreke is met die invoer van ru-olie en hoe die olie met 'n ompad na Suid Afrika kom. Sodoende word die prys wat die ru-olie hier land, kunsmatig verhoog. Daar is 'n persoon, of persone wat geld uit hierdie ompad maak en dit kan teruggevoer word na die NP dae. Die vinger wys na 'n hoë profiel NP man, maar daar is nie voldoende bewys om sy naam te noem rondom hierdie skelmstreke nie. Dit gaan nog steeds voort, so daar is blykbaar ANC skelms ook hiermee betrokke. Dit is te verstane, want as daar net die reuk van geld in is, dan verseker hierdie Kommunistiese regering dat daar van hulle mense met sy vingers in die kasregister sit.

Nou gaan petrol kastig dereguleer word met die voorwaarde dat minstens 25% van die belange in die hande van die ANC se ondersteuners is. Dit beteken nl. dat die ANC net soos met sport en alle ander dinge hulle grypende hande, in die petrolboerpot wil kry. Dit beteken dat die petrolprys nie amptelik en eintlik meer gereguleer gaan word as wat dit ooit was.

Ons betaal alreeds die afgelope aantal maande die hoogste prys vir petrol in die
geskiedenis van ons land. Desondanks die felt dat die ru-olie se prys die afgelope jaar amper gehalveer het. Die Minister van Energiesake, is Penueli Maduna en hy sal blykbaar ook verantwoordelik wees vir die 25% deeiname van ANC ondersteuners soos bovermeld. Sy voormalige voorsitter van die Sentrale-Energiefonds is ene Don Mkhwanazi en sy besigheid geassosieerde was die Liberiese skelm, Emmanuel Shaw, wat aangestel was teen R3 miljoen per jaar by die genoemde fonds.

Hoe die prys van petrol saamgestel word, beboort tot groot kommer vir alle regdenkende landsburgers te wees. Tenspyte van die manipulasie van die prys waarteen petrol geland word, kos dit slegs 65,742 sent om 93 oktaan petrol te hier te land. Daarby word 86,6 sent bygevoeg wat die regering neem in een of ander vorm van belasting. Oorspronklik het sekere tydelike heffings deel gevorm van hierdie bedrag. Hierdie heffings is nou al lank vergete en hulle het nou permanente verhogings geword wat hierdie Kommunistiese regering nodig het vir hulle bodemlose put van wanbestuur, korrupsie en diefstal. Die verskil word saamgestel om voorsiening te maak onder andere die kleinhandeiaar se wins. Dit is dus duidelik, dat alhoewel die ru-olie prys voortdurend val, het die petrolprys voortdurend gestyg.

Dit is deel van die prys wat ons nou meet betaal vir die verraad van die NP en hulle trawante toe hulle die land sonder 'n skoot aan die Kommunistiese terroriste oorhandig het in 1994. Nou is ons blankes aan die ontvang kant van ongekende haat, terwyl die land in 'n orgie anargistiese geweld gedompel is.