DIE MISSIE VAN

VRYHEID 2000 is nou skaars drie maande oud. Gedurende hierdie tydperk het ons ongekende ondersteuning van Die Boervolk geniet. Inderdaad, ons groei het ons stoutste verwagtinge oortref. As 'n maatstaf van die behoefte wat daar was vir 'n eie bindende organisasie, kan daar net gekyk word na die gewildheid van die Boervolk-nuus op ons Web-bladsy. In minder as drie maande het reeds meer as 7 000 van ons mense die Web-blad besoek.

Vergelyk dit met die Vryheidsfront wat miljoene Rande het om te verkwis, se sowat 7 300 besoeke in byna VYFTIEN MAANDE, dan kan die omvang van ons eie Boervolk-nuus deeglik besef word.

Daar was 'n behoefte by die verskillende Boervolk-organisasies wat na volksvryheid streef, om 'n bindende liggaam vir hulle organisasies te hê. Dit is duidelik dat Vryheid 2000 aan hierdie behoefte voldoen het.

Wat ons by Vryheid 2000 en ons filiaal Africa Press International sien, is hoe 'n paar gemotiveerde Boere met 'n liefde vir hul volk en met byna geen kapitale uitleg, die volk motiveer.

Vir die eerste keer hierdie eeu, het Vryheid 2000 dit reggekry om die wêreld se aandag te vestig op die slagting van die Boervolk deur die Engelse, aan die begin van hierdie eeu. Ons het roerende argief-fotos op ons Web-blad van die kindertjies en die Engelse konsentrasiekampe.

Daar is daaglikse briewe vanuit die buiteland van mense wat sê dat hulle het nooit geweet dat die Engelse ons Boervolk so wreed behandel het nie. Met dit alleen, het ons 'n reuse taak vervul in belang van ons geliefde Boervolk.

Ons beleid is om die Boervolk en diegene wat met ons identifiseer, in te lig, oor die Boer se identiteit en ons eie geskiedenis. Ons probeer, die Afrikaners oorreed sodat hulle nie mislei word deur die politici om vir hulle te stem nie. Hierdie salaris-trekkende politici se enigste doel is om hulself te verryk ten koste van die verarmde blankes.

Hulle het en sal, allerlei foefies gebruik, soos die doodgebore Volkstaatraad, om die blankes te mislei terwyl hul enigste doel is, om te kan smoor in die sous van Mandela se soustrein.

Die pilotici het nog niks uitgerig nie, en sal in die toekoms ook niks uitgerig kry nie. Menige van die Afrikaners wat hierdie stemmende politici steun, is eintlik Boere, maar hulle besef dit net nie. Hulle is oor die jare al so gebreinspoel deur die liberale politici en die nou bont Broederbond (Afrikanerbond) , dat hulle Afrikaners is, dat sommige van hulle dit selfs glo.

Die Afrikaners het nou anderskleuriges in hulle midde toegelaat. As hulle toegelaat word om Afrikaners te wees, dan laat jy hulle toe om ook onder die Afrikaners in te teel. Dit beteken dat die Afrikanervolk dekades later net maar nog 'n bastervolk gaan wees wat 'n soort Afrikaans gaan praat.

As voorbeeld kan ons verwys na die geskiedenis van die eens magtige Griekse Volk. Nadat hulle 'n aantal negerinne (swartes) in hulle midde toegelaat het, het hulle begin agteruit gaan tot vandag toe waar hulle die armste volk in Europa is.

Die Afrikanervolk sal dus uiteindelik dieselfde paadjie volg deur 'n bont volk te word. Die klemverskuiwing is van volkstaat na Afrikaanses. Die skrywer AHM Scholtz is een van die Afrikaner liberale voorbankers wat met mening die saamvoeg van alle Afrikaanses propageer.

Hoelank sal al die Afrikaanses saamleef voordat die euwel van misdadigheid en morele verval weereens die volk lamlê. Nee, duisend maal nee, die antwoord kan nooit eenvoudiger wees as 'n suiwer Blanke Boere Volkstaat nie.

Om al die Afrikaanses saam te gooi, is om vir 'n tweede keer integrasie op onskuldige mense af te dwing. Dit het nêrens in die wêreld nog gewerk nie, waarom sou dit hier werk?

Die Boerevolk wil nie weer met integrasie probleme opgeskeep sit nie. Die Boervolk is 'n volk in eie reg. Hy wil homself binne sy eie volksgebied regeer en dis die einde van die storie.

Die Boervolk het die ou Transvaalse en Vrystaatse Republieke besit. Dit was erken deur die ganse wêreld, totdat die Engelse die Boervolk uitgemoor het met die draai van die vorige eeu. As ons gaan stem in Mandela se verkiesings, dan verbeur ons alle reg om ons grond terug te eis in terme van die Internasionale Reg.

Die rede waarom on hierdie bewering maak, is dat as ons gaan stem, aanvaar ons Mandela se eenheidstaat. Ons kan nie in 'n eenheidstaat stem en agterna sê dat ons nie dit aanvaar nie en dan ons grond wil terugeis ingevolge die Internasionale Reg.

Ons wil nie vassteek by die geskiedenis nie, maar diegene wat die verlede vergeet, het geen toekoms nie. Daar is moderne tegnologie beskikbaar wat ons tenvolle gaan benut om die Boervolk in te lig en paraat te kry vir die onvermydelike stryd wat voorlê op ons mars na vryheid.

Hier is enkele van ons beleidsbeginsels:

1) Ons sal veg vir ons Volk se reg op 'n eie soewereine grondgebied. 'n Volk sonder grond is geen volk nie.

2) Ons sal veg vir Afrikaans asook die reg van ons meelewende engelssprekendes en om hulle te respekteer.

3) Ons sal veg vir ons Christelike geloof en vir 'n Christelike Staat met Christelike waardes as maatstaf. Ons kinders en ons nageslagte moet vry wees in hulle eie vaderland en moet regeer word deur hulle eie volksgenote.

4) Ons wil veg sodat ons deel van ons Volksgeskiedenis-in-wording is. In geval daar net twee oor is wat vir ons Boervolk veg, sal ons met die Genade Van Die Here, sorg dat ons een van hulle is.

5) Ons onderneem om nooit op Mandela se soustrein te klim deur te gaan stem in veelrassige verkiesings nie.

6) Ons sal veg vir ons kinders se reg om opgevoed te word in ons Christelike geloof met gratis onderwys sodat hulle hulself tot die beste van hulle vermoëns kan kwalifiseer vir die lewe.

7) Ons strewe is dat geen Volkskind ooit weer honger sal ly nie en dat elke volksgenoot wat wil werk, die nodige werk sal kry.

8) Ons strewe is dat ons oues van dae wat hulle lewens vir hul kinders opgeoffer het, goed versorg sal word op staatskoste.

9) Daar mag nooit monopolië geduld word nie en kartelle sal opgebreek word.

10) Ons sal sorg dat die natuurlike bates van ons land in volkshande bly en ontwikkel word ten bate van die volk. Die vryemark stelsel onder die Boervolk sal aangemoedig word.

11) Daar mag nooit belasting op voorskrif-medisyne wees nie, want mens belas nie siekmense nie. Daar mag ook nooit belasting op kos wees nie. Ander belastings sal tot 'n minimum beperk word.

12) Geheime organisasies sal onwettig wees. Ons volk is reeds in hierdie benarde posisie as gevolg van die gekonkel agter geslote deure van die geheime Broederbond. Die leiers is daar om die volk te dien, nie hulle eie belange nie. Die volk is nie daar om misbruik te word met leiers wat geheime agendas het nie.

13)Ons sal nooit doelbewus enige ander Volksorganisasie wat nie by ons affilieër, aanval nie. Die voorwaarde is egter dat hulle nie moet gaan stem nie.

14)Vryheid 2000 is bereid om met ander organisasies oor strategie te onderhandel, maar ons sal nie oor beginsels onderhandel nie.

Al hoe meer lede van die Boervolk verenig onder die Vryheid 2000 sambreel. Hier praat ons uit een mond. Hier is ons eendragtig bymekaar. Hier stap ons saam die toekoms in soos ou vriende. As u nog nie ingeskakel het nie, doen dit nou.

Alle Boere-organisasies affilieër by Vryheid 2000. Hulle word nie lid nie. Hulle betaal ook nie lidmaatskapgelde nie. Deurdat hulle bloot affilieër, beteken dit dat elke organisasie outonoom bly en ongestoord voortgaan met sy werksaamhede. Vryheid 2000 meng dus nie in, in die huishoudelike sake van sy geaffilieërdes nie.

Alhoewel die Boervolk fundamentele verskille het met sommige van hierdie organisasies, het hulle ook die vryheid van die blankes ten doel. Daar is dus meer sake waaroor ons saamstem met hulle as sake waaroor ons verskil.

Affilieër dadelik en kom stap saam die vryheidspad die toekoms in!