Terug na die Nuusblad
 
Terug na die Hoofblad
 
   
DIE WAARHEID AGTER REGTER KRIEGLER SE BEDANKING
Berig deur Fred Rundle

Ons wil dit duidelik stel dat ons nie simpatie met Regter Kriegler het nie. Hy is een van die menige Afrikaanssprekende liberaliste wat saamgewerk het met hierdie Kommunistiese regering om hulle regering aan die gang te hou. Inderdaad, dit is Afrikaners soos hy wat hierdie regering solank aan die gang laat bly het. 

Na jare se samewerking met die regime, vind hy ewe skielik uit dat daar groot verskille tussen Mandela se kantoor en die “Onafhanklike” Verkiesingskomitee is. Hierdie is die einste regter Kriegler wat in beheer was van die gedrog verkiesing van 1994. Dit is ook hy wat daardie verkiesing “vry en regverdig” verklaar het, ongeag al die bewyse dat dit alles behalwe vry en geensins regverdig was nie. 

Nou vertel die goeie regter self dat hy al vir jare verskille met Mandela se kantoor gehad het. Hoekom het hy dan nie gee pad nie? Wat het hy verwag? Hy moes besef het dat alhoewel hy die lofgesang van die Swart regering gesing het, het hy nog die gehate witvel wat die rassistiese Mandela en Mbeki so haat. As ons na sommige van hulle twee se uitsprake kyk, dan kan ons sien hoe moeilik hulle dit vind om hulle absolute haat vir Blankes weg te steek. Hoe gouer ons eie mense hierdie feit besef, hoe gouer sal hulle die nodige verset teen hierdie regering van terroriste teen staan en beveg.

Regter Kriegler vertel dat hy dink die verkiesings sal nogtans vlot verloop, ongeag sy bedanking. In die volgende asem vertel hy dat daar nie genoeg geld toegestaan is vir die verkiesing nie. Hy het nog onlangs vertel dat daar ‘n gevaar is dat met die tekort van geld, die verkiesing dalk nie na behore kan plaasvind nie. Hoekom weerspreek hy homself so? Het hy dalk bedank omdat hy die een persoon is wat weet in watter sirkus die verkiesing weer in gaan ontaard?  Praat hy nie dalk so omdat hy nog graag sy pos by die ANC gepakte Konstitusionele Hof wil behou nie? Hy was nog inderdaad altyd een van hulle meehelpers.

Die Boervolk is verheug dat hierdie linkse regter bedank het uit sy pos. Of hy die werklikheid van ‘n Swart regering werklik besef, dit is te betwyfel. Geen persoon wat na ‘n Swart regering kyk deur ‘n pienk of ‘n rooi bril, WIL die werklikheid van ‘n Swart regering sien of verstaan nie. In sommige gevalle sien hulle dit, maar hulle wil dit vir geriefliksheid onthalwe nie erken nie. 

Ons voorsien nou dat daar ‘n ANC Kommisar aangestel sal word in Regter Kriegler se plek. Heelwaarskynlik sal dit weer ‘n  ANC/SAKP lid wees, moontlik ‘n Swart of Indier een. Dit sal sy taak wees om te sorg dat die “vry en regverdige” verkiesing so verloop dat dit “vry en onregverdig “ sal verloop indien die ANC se steun verminder. Ons noem dit slegs want die Boervolk  stel geensins belang om in hierdie bedrog Kommunistiese verkiesing deel te neem nie.

Die Boervolk gun vir Mandela en kie die deelnemende Afrikaners in die verkiesing, want hulle verdien mekaar. Hulle het vir Constand Viljoen en hulle kry nou ook vir Ferdi Hartzenberg en die meeste van sy moë ou mans wat die parlement se sitplekke in die tagtigerjare deurgesit het en niks bereik het nie. 
Die Boervolk het hulle alreeds gemeet en te lig gevind. Die manne wat oorbly is klaar gesif en paraad om op te tree. Vir die politieke verraaiers is daar net nie meer plek onder die Boervolk nie. Die leiers wat nou tevore kom is manne met murg in hulle pype. 

Daar sal wel moontlik ‘n tyd kom wanneer hierdie politieke verraaiers weer sal probeer om toenadering tot die Boervolk te probeer bewerkstellig. As Christene sal ons hulle moet vergewe, maar ons moet nooit hulle name vergeet nie. Hulle name moet opgeteken word in ons geskiedenis boeke  sodat ons nageslagte ook hulle name kan onthou en weet wie hulle is.