Terug na die Nuusblad
 
Terug na die Hoofblad
 
   
 DIE NUWE KONSUL IN MUMBAI 
Deur ons diplomatieke korrespondent

Mumbai is die huidige naam vir Bombaai in Indie en Suid Afrika het ‘n nuwe Konsul-Generaal daar aangestel. Hy is Ramesh Vassen wat ‘n voormalige venoot in die regspraktyk van Omar & Hassen was. Die Omar is die Moslem Minister van Justisie, Dullah Omar. 
In ‘n normale gemeenskap en land sal hierdie man se aanstelling totaal onaanvaarbaar gewees het. Suid Afrika is egter nie ‘n normale land met normale waardes nie, maar inderdaad ‘n bizar land waar beskaafde waardes oorboord gegooi is. Hierdie is ook nie die eerste geval waar trawante van Dullah Omar in poste aangestel en bevorder word nie. Nog vriende van Dullah Omar wat in top poste aangestel is, is Bulelani Ngcuka wat as Nasionale Direkteur van Vervolgings aangestel is asook sy adjunk, Denzil Potgieter. 

Konsul Generaals geniet diplomatiese immuniteit in die lande waar hulle hulself bevind. Daaroor word daar in ‘n beskaafde land altyd gesorg dat enige persoon wat in hierdie hoedanigheid aangestel word, van onkreukbare karakter en integriteit moet wees. Die ANC het gesorg dat ons land nie meer ‘n beskaafde land is nie, maar ‘n vervalle, dekadente en tipiese derde wêreld land. Dit is dus nie vreemd om te sien vriende en familie, ongeag hulle agtergrond, in poste aangestel word nie. Eerlikheid, voldoende kwalifikasies en karakter speel geen rol in die aanstellings nie.

Ramesh Vassen is huidiglik ‘n direkteur in die parlementere kantoor van die Minister van Buitelandse Sake. Hy was in 1996 geskrap van die rol van prokureurs deur die Kaapse Hooggeregshof en dit was later bevestig deur die Apelhof.  Die hof het bevind dat hy skuldig is aan tenminste een klag wat blaam werp op sy eerlikheid en integriteit en wat hom onbevoeg maak om as prokureur te praktiseer. Hy mag dus gladnie meer as ‘n prokureur praktiseer nie. Wat teen hom getel het, was dat hy in die hof oneerlik onder EED volhard het dat hy in een geval nie skuldig is aan diefstal nie. In sulke gevalle word daar die persoon gewoonlik ook krimineel aangekla, maar sover ons kon vasstel, is Ramesh Vassen gladnie aangekla nie. Dullah Omar beskou sy misdaad seker as “struggle bookkeeping” soos wat hy in die Boesak geval beweer het. 

Dit is dus duidelik dat hierdie vorige vennoot van Dullah Omar totaal onbevoeg is om so ‘n belangrike pos te beklee, maar hierdie regime steur hom gladnie aan wat enige iemand daaroor sê nie. 
  
Die Blankes wat van voorneme is om te gaan stem, kan gerus kennis neem of die ANC hulle enigsins steur aan wat die Blankes sê. Hulle doen net wat hulle wil en ongeag die luidrigtige protes van die DP hierdie week, het hulle net voortgegaan met die aanstelling van Ramesh Vassen. Die parlement is net ‘n praatwinkel  wat goed sorg vir die manne op die soustrein. Dit word ook gebruik om vir die wêreld te bluf dat die Blankes die eeheidstaat van Mandela steun, anders sou hulle nie daaraan deelgeneem het nie.