DIE KOMMUNISTIESE STROP TREK AL NOUER
Deur Fred Rundle
Die Suid Afrikaanse Regskommissie het voorgestel dat alle telekommunikasie
firmas, insluitende selfoon diensverskaffers, verplig moet word om meeluister-
toerusting op hulle eie koste te bekom. Die doel hiervan is dat die algemene
publiek moet betaal vir die meeluister deur die kommuniste van privaat
telefone. Komende van ‘n Regskommissie vind ons dit walglik om te sien
hoe hulle gewillig is om die gereg te manipuleer om die Kommunistiese regering
se onderdrukkende wette te pas.
Dan stel hulle nog voor dat telekommunikasie firmas wat weier om
besonderhede oor telefoondienste en die meeluistering daarvan te voorsien,
hulself strafbaar sal maak met ‘n boete van R2000,000. Hierdie is maar
enkele wysigings wat hulle voorstel aan die 1992 wet wat meeluistering
reguleer.
Ons word elke dag vertel dat hierdie regering baie gesteld is op
menseregte sodat niemand benadeel mag word nie. Dit is egter duidelik dat
wanneer dit hulle doel dien, dan gooi hulle menseregte by die venster uit,
veral wanneer hulle blankes daardeur kan benadeel.
Hierdie kommissie kruip weg agter mooi woorde om hulle eintlike doel
te verdoesel. Hierdie voorstelle is kastig daarop gemik om die Staat te
beskerm in die nasionale belang en vir veiligheid. Met veiligheid en nasionale
belang word heelwaarskynlik bedoel dat die veiligheid van die Kommuniste
in nasionale belang is. Hulle bedoel ook natuurlik dat dit meer mag aan
die Kommuniste se Blanke Boerejagters sal gee. Hierdie Kleptokratiese regime
is mos bekend vir sy misbruik van alle instrumente van mag. Hy is totaal
onbevoeg om te onderskei tussen persoonlike mag en die mag wat die staat
toekom, maw die regering se mag word vir hulle persoonlike doeleindes aangewend.
Om die voorstel die klank van eerbaarheid te gee, stel die Kommissie
voor dat onwettige meeluistering beboet moet word met R20,000. Dit is natuurlik
bedoel om te verhoed dat enige persoon, behalwe vir die regering, nie sou
waag om mee te luister om inligting te bekom nie. Iemand iewers mag dalk
net ‘n gesprek monitor oor hoe die gepeupel die regeringdepartemente en
die tesourie stroop in hulle orgie van diefstal en korrupsie. Vir menige
van hulle is steel so natuurlik as om asem te haal.
Dit is vir ons ook gladnie vreemd dat nog nie een van die betaalde
politici op die soustrein ‘n woord van protes teen hierdie voorgestelde
wetgewing geopper het nie. Waar is Generaal Viljoen wat kastig vir
die blanke se soewerinteit veg? Of is hy alweer te besig met sy politieke
kruipery en lofgesang van Mbeki en Mandela? Ons wag vergeefs die
afgelope vier jaar om te hoor dat hy net eenmaal vir Mandela, of vir Mbeki
kritiseer. Daaroor is dit vir ons gladnie vreemd dat hy en pienk Frikkie
de Klerk onder mekaar moet meeding om te bepaal wie die mees gehate een
is onder Die Boervolk. Was dit nie vir Generaal Constand Viljoen nie, dan
sou die geskiedenis van ons land die afgelope vier jaar heelwaarskynlik
anders verloop het. |