DIE KLAAGLIEDERE VAN PIENK FRIKKIE
Deur Fred Rundle
Ons merk dat Pienk Frikkie de Klerk tjank nou in sy pas verskynde
outobiografie. Hy maak daarin geen geheim dat hy gegrief voel omdat Nelson
Mandela hom nie met die nodige respek behandel het nie. Wat verwag hy?
Hy het sy land, sy Volk en sy vrou en kinders verraai. Enige Swartman beskou
hierdie soort optrede as die van ‘n swakkeling en vir ‘n swakkeling
het hulle geen respek nie. In Swart kultuur is die man wat die sterkste
optree en menige keer die wreedste ook, gewoonlik die man wat die
meeste respek afdwing.
In sy outobiografie spog hy hoe hy Mandela gedurende 1989 uit die
tronk laat haal het en by sy huis ingesmokkel het, sodat hy in groot geheimhouding
met Mandela kon onderhandel. Met onderhandel bedoel hy natuurlik dat hy
in sy eie huis die Blankes en sy eie oorgawe met Mandela begin onderhandel
het. Nou spog hy oor hierdie verraad van hom, terwyl hy destyds die land
mislei het deur die land te laat glo dat hy nie met terroriste sal onderhandel
nie. Sy verantwoording was teenoor die Blanke kiesers wie hy verteenwoordig
het. As hierdie optrede van hom nie verraad was nie, wat is? Ons beskou
dit as ‘n ernstige misdaad teen die Blankes en ons glo dat hy vir sy doelbewuste
uitverkoping van die Blankes selfs vervolg behoort te word.
Mandela het op ‘n TV program self vertel dat hy dit nie kon vat om
vir Pienk Frikkie op sy knieë voor hom te sien nie. Nee, Pienk Frikkie
de Klerk is ‘n man sonder enige geloofwaardigheid en die Boervolk beskou
hom as niks anders as ‘n verfoeilike en ‘n patetiese politieke verraaier
nie. Hy is die swakste en veragtelikste leier wat hierdie land nog ooit
gehad het.Die Nobel Vredesprys wat hy gekry het, is die simboliese dertig
stukkies silwer waarmee die internasionale gemeenskap hom beloon het vir
sy afstootlike daad.
Die brawe troepies en die ander veiligheidsmagte wat hulle lewens
moes opoffer teen hierdie terroriste aan wie Pienk Frikkie die land oorhandig
het, kan met reg kwaad en gegrief voel. Hulle het nie geveg om oorhandig
te word aan hierdie duistere magte nie. Hoe kan hy so verwaand wees om
te dink dat hy enige respek kan verwag vir hierdie walglike daad? Die geskiedenis
sal hom in die regte perspektief plaas.
Om sy kop beter te verstaan, moet ons gerus kyk na wat sy destydse
Griekse minares, nou sy vrou, te sê gehad het. Sy het aan die koerante
vertel dat sy gaan haar 20 MIlJOEN POND woonstel in Londen verkoop na haar
egskeiding, want dit sal te klein wees vir twee belangrike mense soos sy
en Pienk Frikkie.
Pienk Frikkie se oom was JG (Hans) Strydom, ‘n vorige Eerste Minister
van ons land. Hy was getroud met Jan de Klerk, Pienk Frikkie se pa, se
suster. Na sy dood is hy opgevolg deur Dr Verwoerd. Albei was leiers van
formaat en bemind onder die Boervolk. Hans Strydom was ‘n man van karakter
en integriteit, maar ook ‘n verbete vegter. Ons Hoofuitvoerende Beampte,
het as ‘n jong man hom eenkeer ontmoet en hy was baie geimponeer
met Hans Strydom as persoon en met sy nederigheid. Hy was soos ‘n vader
figuur vir wie niks te veel was vir sy eie mense nie.
Wat sou Hans Strydom gesê het as hy vandag moes lewe en aanskou
hoe sy nefie sy eie mense sonder ‘n skoot of kwade woord aan die swart
anargistiese hordes oorhandig het? Wat de Klerk gedoen het was heeltemal
teenstrydig met alles wat Hans Strydom en Dr Verwoerd voor gestaan het.
Die afgelope jare is daar in die wêreld nie min leiers met
etiese en morele standaarde wat van ‘n land se leiers verwag kan word.
‘n Leier behoort ‘n voorbeeld vir die jeug te wees waarna hulle kan streef.
Hy moet net die hoogste morele en etiese waardes verteenwoordig en handhaaf
waarna die jeug kan aspireer. Kyk maar gerus na die leiers wat ons land
die afgelope dekade opgelewer het en dan wonder ‘n mens hoe dit met ons
ooit kon gebeur het?
Behalwe vir Pienk Frikkie, was daar Piet Koornhof, Kobie Coetzee,
Pietie du Plessis, Pik Botha en Roelfie Meyer om maar net ‘n paar name
te noem. Die name klink soos ‘n “Who is Who” van Blanke politieke uitverkoping.
Die tyd het aangebreek dat ons Boervolk weer leiers kry met waardes
soos wat daar voorheen was. Daar is sulke manne en gelukkig is daar nou
een wat sterk na vore kom. Wag gerus nog ‘n paar maande en die naam van
hierdie leier sal na vore kom na gelang sy steun groei. Hy geniet alreeds
groot ondersteuning landswyd en dit is besig om soos ‘n vloedgolf deur
die land te trek Ons moet egter verwag dat nydige Afrikaners en die
linkse pers hom sal probeer aftakel namate sy steun groei. Hy glo soos
wat ons glo, dat ons Boervolk se toekoms lê nie in Mandela en Mbeki
se parlement nie. Dit lê buite die parlement waar ons die stryd sal
gaan en moet voer.
Om ‘n kruisie te gaan trek sal net die egos van die nikswerd politici
voer. |