E-POS: VRYHEID2000 
 
 
 
Kommunikasie kan gerig word aan: Die Hoofuitvoerende Beampte, Vryheid 2000, Posbus 562, Kengray, Republiek van Suid Afrika. 
DIE DOEL

Die Afrikanerbond (Broederbond), KP , NP, VF en ander AFRIKANER liggame wat aan die verkiesings volgende jaar gaan deelneem, het bymekaar gekom om ‘n liggaam te stig, en hulle gaan later vanjaar ‘n skadu Afrikaner Kabinet saamstel. Ons wil graag daarop wys dat sommige van hierdie organisasies veelrassigheid voorstaan. Hulle doel is ook om in die 1999 verkiesings vir hulle voorbokke soveel plekke as moontlik op die Mandela soustrein te probeer bekom.  

Die deelname van die bont, geheime Afrikanerbond (Broederbond) is veral belangrik, want dit is  hierdie organisasie wat die voortou geneem het met die uitverkoping van die blankes in ons land. Dit was die gesiglose Broederbond organisasie, in samewerking met die verraderlike Nasionale Party en die ANC/SAKP wat die uitverkoping van die niksvermoedende blankes aan die Kommunisties beheerde African National Congress bewerkstellig het.  

Die Konserwatiewe Party, wat nou met hierdie organisasies saamwerk, het hulself alreeds van een van die belangrike Boervolk bewegings gedistansieer. Dit was Nelson Mandela, met die leier van die Konserwatiewe Party wat langs hom staan op TV,  wat hierdie belangrike beleidsverandering namens die KP gemaak het. Daar kan net gespekuleer word oor watter ander ooreenkomste daar tussen die KP leierskap en die ANC/SAKP bestaan.  

Dit was reeds die Vryheidsfront wat die blankes verdeel het en dit het verhoed, dat daar enige blanke verset teen die Kommunistiese oorname van ons land was. Die leier van die Vryheidsfront het onlangs gesê dat ‘n vennootskap met die Kommunistiese ANC iets vir die toekoms is.  

Ongelukkig het nie een van die Boervolk organisasies teen die gevare van hierdie verwikkelinge gewaarsku nie. Fred Rundle het hom ten sterkste teen hierdie gevaarlike verwikkelinge in die openbaar uitgespreek. Dit het hom laat besef dat die verskillende Boervolk organisasies uit een mond sal moet praat as ons wil oorleef teen hierdie aanslag wat nou vanaf binne ons eie Afrikaanssprekende gemeenskap teen ons gevoer word.  

Vryheid 2000 het juis tot stand gekom om hierdie wanbalans uit te skakel. Ons sal ons nie inmeng met die beleid van ons Boervolk organisasies nie, maar sal slegs as mondstuk optree waar dit in belang van die Boervolk is, asook in belang van die ander blankes wat met ons identifiseer en ons saak steun. Vryheid 2000 sal ook gladnie inmeng met die verskillende Christelike Godsdienstige oortuigings van ons organisasies en indiwidue nie.  

Affiliasie by Vryheid 2000 sal voorlopig gratis wees. Al die werk wat ons amptenare verrig is vrywillig en sonder vergoeding. Sodra daar bewys kan word wat bereik is, sal 'n minimale ledegeld moontlik gehef word, om onkoste te dek. 

Vryheid 2000 sal op versoek as gratis raadgewers optree vir enige BOERVOLK organisasie wat geaffilieër is. Hierdie diens sluit in bystand met die uitreiking van goedgekeurde media vrystellings en onderhoude. Soos wat spasie beskikbaar is, sal goedgekeurde berigte en artikels van geaffilieërde organisasies en lede gratis geplaas word.  

Namens Vryheid 2000  Uitvoerende Raad.