WIE IS DIE BOEREVOLK?
UITEINDELIK, DIE WAARHEID
OPGEDRA aan die 27 000 Boere-vroue
en hul kinders wat tydens
massa slagting van Boere tussen
1900 en 1902 omgekom het
Voorwoord deur die skrywer
HIERDIE werkstuk het eintlik te doen met die
verskille tussen kultuur, ras en volkskap. Te dikwels - weens onkunde,
onverskilligheid of moedswilligheid -- word die onderskeid tussen
hierdie konsepte vertroebel en word die ware dryfkragte van
die geskiedenis verberg om sodoende die begrip van die ware oorsake van
gebeurtenisse te verhinder.
‘n Ras kan gedifinieer word as ‘n groep of
individue wat in die breë, dieselfde gemeenskaplike genetiese
karaktertrekke deel. Sodoende, weer eens gesien in die breë,
deel die Europese volkere ‘n gemeenskaplike genetiese erfenis wat
sigbaar is in hul fisiese voorkoms.
In die breë gesien geld dieselfde ook
vir die ander hoof rasgroepe van die wêreld: die Swart (Negroïde),
die Mongool (Asiër), ens. Hierdie gemeenskaplike genetiese erfenis
definieer nie net die onderskeie rasse se fisiese voorkoms nie, maar ook
- en meer kontrovensiëel - die intelligensie en waarnemingsvermoë.
Volkskap kan gedefinieer word as die gevoel
van eenheid wat deur ‘n groep individue ervaar word, en nie noodwendig
op rasse-grondslag defineerbaar nie. Dit is moontlik vir ‘n groep
individue van verskillende rasse om ‘n gemeenskaplike volkskap te kan opeis,
afhangende van hoe daardie volkskap homself definieer.
Dit is verbind tot die konsep van kultuur:
byvoorbeeld, alhoewel die volkere van Europa min of meer ‘n gemeenskaplike
genetiese erfenis het, sal niemand wat by sy volle verstand is dit waag
om te sê dat die Ierse kultuur identities is aan, sê nou maar
byvoorbeeld, die Oostenrykse kultuur nie. Feit is: kulture verskil, selfs
tussen die mees identiese rasgroepe.
Dit is hierdie verskil in kultuur wat
die grondslag vorm vir hierdie boekie.
Dit is belangrik om daarop te let dat kultuur
oordraagbaar is, byvoorbeeld, as “n Duitse baba by geboorte in ‘n Skotse
huishouding grootgemaak word, dan sal daardie Duitse kind, kultuurgesproke,
ten eerste ‘n Skot wees, en ten tweede ‘n Witmens. Die feit dat hy
Duits-gebore is, sal nie eers vir ‘n derde plek tel nie.
Op hierdie wyse het ‘n volk bekend as die Boere,
in Suid-Afrika tot stand gekom. Die Boere is ‘n versameling van mense afkomstig
uit verskillende dele van Europa wat saamgegroei het, vermeng het
om ‘n eie nuwe kultuur te gevorm het, selfs ideologies, ‘n uniforme groep
geword het wat hulself onderskei het van die res van Afrika - hul
selfs onderskei het van Blankes wat nie daardie kultuurskuif meegemaak
het nie.
Die Nederlandse, Franse, Belgiese, Deense,
Engelse en Ierse vanne wat onder die Boere as groep voorkom, is lewende
getuienis van die oordraagbaarheid van kultuur - en natuurlik ook van die
unieke vermenigingsproses wat gestalte gegee het aan een van die
mees geharde inheemse volkere in Suidelike Afrika.
Hierdie werkstuk het ten doel om groter begrip
aan die dryfvere van kultuur, ras en volkskap te verleen.
Arthur Kemp
Historiese nota: Hierdie geskrif het
die eerste keer gestalte gekry in Junie 1995 as ‘n voorlegging deur
Mnr Fred Rundle en andere voor die Verenigde Nasies se Sub-komitee oor
die Regte van Inheemse Volkere.
INHOUD
1. Inleiding
2. Definisies
3. Wit Setlaars
4. Die Kaap/Nederlandse Setlaars
5. Die Britse Suid-Afrikaners
6. Die Boere
7. Die Afrikaners
8. ‘n Inheemse Volk
9. Opsomming
1. INLEIDING
Die internasionale wêreld het 'n persepsie
dat al die Witmense in Suid-Afrika 'n uniforme groep is; dat hulle 'n eenheid
vorm en dat hulle tot onlangs, gesamentlik verkies het om ander groepe
onder die vaandel van apartheid te domineer.
Hierdie is 'n wanpersepsie, 'n feitelike
onakkuraatheid, geskep deur diegene wat òf die totale politieke
mag in die land ten doel gehad het òf wat daarna gestrewe het om
die enigste inheemse Wit bevolkingsgroep in die land, die Boervolk, in
'n groter geheel op te geneem het om die Boervolk op daardie wyse te vernietig
of ten minste te isoleer.
Dit is daarom die doel van hierdie voorlegging
om aan te toon dat daar Blankes in Suid-Afrika is wat nie deel vorm van
die koloniale erfenis nie; wat dus nie deel is van die "Blanke Suid-Afrikaners"
wat tot onlangs toe nog as die politieke muishonde van die wêreld
beskou was nie. Hierdie groep mense is bekend as die Boervolk.
2. DEFINISIES
Volgens die Oxford Woordeboek, is die woord
"inheems" 'n byvoeglike naamwoord wat beteken "inboorling, behorende
op natuurlike wyse tot die lands-bodem", (uit die Latynse indigena).
‘n Inheemse volk is dus 'n volk wat 'n betrok-ke
gebied bewoon en waar bewys gelewer kan word dat die volk in daardie besondere
gebied ontstaan het, en nie afkomstig is van enige ander deel van die heel-al
nie. Hierdie is 'n uiters belangrike en beslissende definisie wat
in gedagte ge-hou moet word wanneer die Blankes van die RSA
se situasie geanaliseer word.
Alhoewel die internasionale wêreld
reeds vir baie jare al verkeerdelik die Blankes van Suid-Afrika as 'n enkele
etniese groep beskou, is daar in der waarheid drie duidelik onderskeibare
groepe, naamlik:
(i) die Engelssprekende Suid-Afrikaners,
(ii) die Afrikaners en
(iii) die Boere
Die onderskeid tussen hierdie drie etniese
groepe, en in die besonder die laaste twee (die "Afrikaners" en die "Boere")
is van uiterste belang wanneer die regte van die Boervolk as inheemse volk
bepaal word.
3. BLANKE SETLAARS
Alhoewel die eerste Blankes in 1652 aan die
Kaap die Goeie Hoop geland het, het hulle nie hierheen gekom as setlaars
nie. Hulle was Hollanders wat 'n voorrade depot vir hulle skepe na
en vanaf die Ooste, kom vestig het. Die eerste Blanke wat aan wal
gestap het, Jan van Riebeeck, het Afrika kort daarna verlaat en nooit weer
teruggekeer nie.
Kort nadat die voorrade depot ingerig
was, was dit egter 'n ander groep Europiërs wat in die Kaap aangekom
het, wat 'n kern van ware setlaars in die WesKaap gevorm het. Hierdie
setlaars het van verskeie Europese lande soos Holland, Duitsland, Frankryk
en 'n paar ander kleiner lande gekom het.
Baie van hierdie mense was afkomstig van Protestantse
Kerkgenootskappe in Europa, en het as geestelike vlugtelinge hier aangekom.
Hierdie golf van protestantisme het gelei tot die vestiging van 'n sterk
Protestantse etiek, insoverre, dat Protestantisme tot vandag toe die oorheersende
Christelike geloofs-oortuiging in Suid-Afrika is.
Dit is hoe die Kaap onder Hollandse bewind
daar uitgesien het. Hierdie bewind het egter al hoe meer outokraties en
onuithoudbaar geword. Stadig maar seker het 'n groep van hierdie setlaars,
baie van wie reeds tevore moes vlug weens vervolging en dus 'n tradisie
van onafhanklikheid ontwikkel het, teen die Nederlandse koloniale bewind
begin agiteer. Hierdie agtitasie het uitendelik die "Vryburger-beweging"
tot gevolg gehad wat druk op die Nederlandse koloniale bewind uitgeoefen
het om al groter onafhanklikheid te verkry.
Die Vryburgers was die eerste Blankes in Suid-Afrika
wat deel was van die oorgangstadium vanaf setlaars na 'n inheemse volk,
gebore uit Afrika bodem. Toe die Vryburger-beweging begin het was
baie van die mense reeds tot twee geslagte van Europa af verwyder.
Dit was lede van hierdie gemeenskap wat uit die Kaap begin emigreer het,
gemotiveer deur die begeerte om die juk van Nederlandse koloniale regering
af te skud.
Hierdie agitasie teen koloniale bewind, kan
beskou word as die eerste tekens van die enigste inheemse Blanke volk van
Afrika. Dit is daarom weer eens uiters belangrik om in gedagte te
hou dat die eerste anti-koloniale beweging in Afrika, die Blanke Vryburger-beweging
was. Dit was die ontkiemingstadium van die Boervolk. Die pogings
om kolonialisme te ontvlug was die oorsprong van die Boervolk.
Dit is egter ook so dat 'n groot groep, eintlik
die oorgrote meerderheid van die Blanke setlaars aan die Kaap, nie die
Vryburger-beweging ondersteun het nie. Die meeste van hulle was heeltemal
tevrede met die koloniale opset, en nog meer tevrede om onder die Nederlandse
vlag te bly. Hierdie mense het die kern gevorm wat vandag bekend
staan as die "Arikaner" - hoofsaaklik in die Kaap gebaseer. Hierdie
groep word in hierdie voorlegging in detail behandel.
Die derde golf van Blanke setlaars het na 1820
in groot getalle in Suid-Afrika aangekom. Die Britse empire het teen
hierdie tyd die Kaap gedurende die Napoleontiese oorloë in Europa
begin betrek om die Oosterse Seeroete te beskerm. As gevolg van die
Britse besetting van die Kaap, het 'n groot getal Engelssprekende setlaars
in die Kaap aangekom. Hulle het hulle taal, godsdiens en ander kulutrele
opvattinge met hulle saamgebring.
4. DIE KAAP/NEDERLANDSE SETLAARS
Toe die Blanke bevolking aan die Kaap oor kolonialisme
skeur - soos wat vroeër aangedui is - het diegene wat die koloniale
bewind wou ontvlug, uit die Kaap emigreer. Diegene wat egter geen
nasionalistiese ideaal gehad het nie, het verkies om hulle bande met Europa
te behou en in die Kaap agtergebly.
Diegene wat agtergebly het, was uitsluitlik
Nederlanders, en toe die Britte die Kaap begin betrek, was die Nederlanders
ook heeltemal tevrede daarmee om getroue Britse burgers te word.
Diegene wat in die Kaap agtergebly het en onder
die Boere wat hul onafhanklikheid nagestreef het, het bekend gestaan as
die Kaapse Nederlanders (die "Cape Dutch") 'n simbool van hulle verbintenisse
met Europa. Hierdie groep het getrou enige Europese koloniale bewind
ondersteun en hewige weerstand gebied teen pogings van die vlugtende Boere
om hul bande met die koloniale regerings te verbreek.
Hierdie groep het op alle vlakke van die samelewing
met die Boere verskil, eers rakende hulle houding jeens kolonialisme en
later selfs hulle taal. Dit is byvoor-beeld nie wyd bekend dat daar
'n duidelike verskil in die praatstyl van die boer en die Kaap/Nederlands
is nie.
Die hewigheid waarmee die Kaapse Nederlanders
die Boere opponeer het was onderstreep toe die Boere uiteindelik uit die
Kaaps/Nederlandse Hervormde Kerk ge-ekskomunikeer is toe hulle die Kaap
verlaat het. Die koerant van de-styds, De Zuid-Afrikaan, was die eerste
om die "rebelle" te verdoop "emigranten Boeren", en vandaar die naam Boer.
Hierdie groep van Kaaps/Nederlandse setlaars
het dus altoos die boere-gemeenskap se strewe na onafhanklikheid en anti-kolonialisme
opponeer, en, tesame met die Britse setlaars, was hulle die koloniale meesters
van Suidelike Afrika, en dit terwyl die Boere altoos probeer het om weg
te beweeg van hierdie soort mentaliteit en stand van sake.
5. DIE BRITSE SUID-AFRIKANERS
Nadat die Britte die eerste keer in 1795 die
Kaap betrek het, het die Britte besluit dat Afrika gevoeg moet word by
die steeds uitbreidende Britse Empire. Om hierdie rede het die Britse
Regering betrokke geraak by die grootskaalse vestiging van Britse burgers
in Suid-Afrika.
Die eerste besondere groot vestiging was die
koms van die Britse Setlaars in 1820. Hulle het hulle eerste in die
Kaap gevestig en later ook in Natal.
Die Britte se koms na die Kaap is belangrik
want dit het weer eens daartoe gelei dat die Boere, wat toe reeds aan die
wegtrek was uit die Kaap weens hulle verset teen die Nederlandse bewind
aan die Kaap, ook die Britte se koloniale bewind teengestaan het.
Die Boere se rebellie teen die Britse bewind
in die Kaap het 'n hoogtepunt bereik met 'n gewapende rebellie in 1812/1813,
bekend as die Slagtersnek Rebellie. Alhoewel hierdie rebellie gefaal
het, het dit duidelik die verskil tussen die Boere en beide die Nederlands-
en Engelssprekende Blanke setlaars, beklemtoon.
Die Boere wou onafhanklikheid hê en wou
geen deel hê in kolonialisasie nie, terwyl die ander groepe bloot
kolonialiste was en niks anders nie.
Die Britte se vestiging in Suid-Afrika het
die tweede grootste etniese groepering van Blankes gevorm. Tot vandag
toe nog het hulle hul Britse erfenis en aangetrokkenheid tot hul vaderland
behou, tot selfs in soverre dat sommige van hulle vandag nog dubbele burgerskap
het, of ten minste toegang het tot dubbele burgerskap - Suid-Afrikaans
en Brits.
Hierdie Engelssprekende element het in sy oorgroter
meerderheid van sy geskiedenis in Suid-Afrika, lojaal aan Groot Brittanje
gebly, en boonop die Boere teengestaan in hul anti-kolonialistiese strewe.
Die taal, kultuur en godsdiens van hierdie Britse setlaars vorm nog steeds
'n belangrike deel van hul Europese vaderland.
6. DIE BOERE
Toe die eerste anti-kolonialistiese beweging
onder die Nederlanders in die Kaap begin het, het die vurige Boere ook
begin om die Kaap te verlaat in hul soeke na vryheid en onafhanklikheid.
Hierdie mense het voortdurend verder en verder van die Kaap af weggetrek
en het uiteindelik met die Nguni-trekkers, die Xhosas, kennis gemaak.
Die Xhosas was terselfdertyd besig om suidwaarts te trek. Die kennismaking
het plaasgevind in die gebied vandag bekend as die Oos-Kaap.
Die Boervolk- en die Xhosa-trekgeselskappe,
het by die Visrivier ontmoet en 'n wyle vertoef. In hierdie tydperk
het die Britse Empire reeds die Kaap-kolonie betrek, en die Boere, wat
reeds soveel opgeoffer het om hul Blanke Nederlandse koloniale meester
te ontvlug, het hulself hierdie keer onder Blanke Britse oorheersing bevind.
Dit was vanuit die Oos-Kaap dat die eerste
beweging van wat bekend geword het as die Groot Trek, ontstaan het.
Die Groot Trek was in wese die emigrering, weg vanaf die Britse Empire
- net nog 'n bewys dat die eerste anti-koloniale beweging in Afrika, die
Boere-beweging was, 'n inheemse volk wat die oorheersing van 'n Europese
koloniale mag probeer ontvlug het.
Die hoofrede vir die Groot Trek was as gevolg
van die Britse koloniale meesters wat probeer het om die Boere van die
Kaapse grense probeer kolonia-liseer het. Daar was ander kleiner
faktore ook, maar opsommenderwys kan gesê word dat dit die Boervolk
se hartsbegeerte was om vry en onafhanklik van kolo-niale oorheersing te
wees, wat aanleiding tot die Groot Trek gegee het.
Dit is van kardinale belang om daarop te let
dat telkens wanneer na die Groot Trek verwys word, daar elke keer gesê
word dat dit die "Boere" was wat aan die Groot Trek deelgeneem het.
Daar was geen "Afrikaner" Groot Trek, en daar was ook geen "Afrikaner"
Groot Trek-leiers nie, maar uitsluitlik Boere-leiers van die Groot Trek.
Dit is 'n verdere verwysing dat in hierdie vroeë stadium reeds die
Boervolk 'n eie identiteit ontwikkel het, 'n identiteit afsonderlik van
die van die Kaapse Nederlanders en die Engelse setlaars van die Kaap.
Die Boere het, omdat hulle onafhanklikheid
nagestreef het, opgepak en noordwaarts begin uitwyk na wat vandag bekend
is as die Oranje-Vrystaat, Transvaal en tot in Natal. Alhoewel daar
verspreide groepe van die Nguni-sprekende volkere in hierdie gebiede gewoon
het, veral in Natal waar die Zoeloes die gesag gevoer het, was die grootste
dele van hierdie gebiede onbewoon weens 'n uitdunningsproses vanweë
inter-stam oorloë wat volgens oorlewering uit die geledere van die
Zoeloe koning Tsjaka begin is.
Die eerste Boere-beweging in Natal het gepoog
om met die Zoeloe-koning, Dingaan te onderhandel. Hierdie pogings
om met die Zoeloe oor grondgebied te onderhandel, het gefaal en die Boere-leiers
is vermoor.
Die Zoeloe-leier was egter verslaan in 'n veldslag
wat later bekend geword het as die Slag van Bloedrivier in 1838.
Die eerste Boere-republiek is kort daarna in Natal gevestig.
Alhoewel die Boere in werklikheid reeds lank
voor die Slag van Bloedrivier hul eie identiteit gevestig het, is die Slag
van Bloedrivier deur die Boere as die simboliese geboorte van die Boervolk
beskou, veral omdat die Boere hul oorwin-ning by Bloedrivier aan 'n Goddelike
ingryping toegeskryf het. Ingevolge die Ver-bond wat die Boere voor
die Slag van Bloedrivier met God gesluit het, is belowe dat die betrokke
dag as 'n heilige dag gedenk sou word, maar groter nog, dat hulle vir die
Here 'n "Huis sou stig", beteken in Bybelse terme, 'n Volk sou stig.
Die Boere het daarna opnuut onderhandelinge
met die Zoeloes aange-knoop. Die nuwe Zoeloe-koning, Mpande, het
toegestem dat die Boere 'n deel van Natal kon betrek. Uit hierdie
gebeurtenis is dit weer eens duidelik dat selfs in hierdie vroeë stadium
het die Boervolk reeds erkenning as inheemse volk geniet. Die Boerevolk
was nie as 'n koloniale mag beskou nie. As die Boervolk nie as inheemse
volk beskou was nie, bloot as 'n verlengstuk van die Europese kolo-niale
magte, dan sou die Zoeloes sekerlik nie met die Boervolk 'n ooreenkoms
aangegaan het nie. Die Zoeloes sou verkies het om direk met die Europese
magte te onderhandel het.
Maar, die Britse Empire wou steeds die Boere
kolonialiseer en het daarom in 1840 Natal annekseer. Na 'n paar ligte
veldslae teen die Britte, het die Boere oplaas weer 'n keer opgepak en
Natal verlaat. Hulle het net 'n klein groepie Boere in Noord Natal
agtergelaat.
Die Boere uit Natal het daarna by hul volksgenote
in die Oranje-Vrystaat en Transvaal aangesluit. Die Boere in die
OVS en Transvaal was toe ook reeds op pad na volkstatus. Alhoewel
daar in daardie stadium ook ander volkere in hierdie dele gewoon het, het
hulle die Boere as inheemse volk aanvaar, nogtans het 'n paar grootskaalse
botsings tussen die boere en sommige van hierdie ander volkere plaasgevind.
Sulke botsings het gewoonlik gehandel oor veediefstal of weiding, probleme
wat eintlik as normaal beskou word vir inheemse volke om oor te stry.
In 1852 was die Britse Empire uiteindelik gedwing
om self die Boere se onafhanklikheid tydens die Zandrivier Konvensie te
erken. Die jaar 1852 is onge-twyfeld die besliste erkenning ingevolge
die Internasionale Reg van die Boere as 'n inheemse volk. In daardie
vroeë stadium is nie net een nie, maar twee onaf-hanklike Boere Republieke
deur die wêreld erken. Die Boere se erkenning was 'n kontraktuele
verbintenis, net soos wat dit in die geval van enige ander inheem-se volk
sou wees. Die eenvoudige feit dat die Britse koloniale meester hierdie
toedrag van sake aanvaar en onderskryf het, toon dat selfs die Europese
magte die Boere se onafhanklikheid erken het, en dat hulle ook aanvaar
het dat hierdie vrye volk uit Afika ontspring het en nie een of ander koloniale
eksperiment nie.
Intussen het die Boere hul eie kultuur en taal
ontwikkel. Feit is dat die taal wat deur die Boervolk gebesig word,
een van die nuutste tale in die wêreld is. Dit is 'n taal uitsonderlik
van enige Europese taal en baie van die woordgebruik se oorsprong is in
Afrika te vinde en nie in enige Europese taal nie. Taalkundig dan
is die taal van die Boervolk in Afrika geskep. Dit is net nog 'n
bewys dat die Boere en hul kultuur inheems aan Afrika is en nie 'n koloniale
invoerproduk nie.
Dit is ook van uiterste belang om kennis te
neem dat toe melding gemaak is van die onafhanklike republieke, daar altyd
verwys is na die "Boere" republieke en nooit na die "Afrikaner" republieke
nie. Dit dien dus as bewys dat die Boere 'n afsonderlike identiteit
as die Kaaps/Nederlanders gehad het. Hierdie afsonderlike identiteit
was bevestig ingevolge die Internasionale Reg by die Zandrivier Kon-vensie
in 1852.
Alhoewel die Boere gemeen het dat hulle uiteindelik
vryheid gevind het weg van kolonialisme, was hulle verkeerd. Die
Britse Empire het nog twee aanslae geloods om die Boere te kolonialiseer
en die tweede keer was die Britte suksesvol.
Die eerste aanslag om die Boere te kolonialiseer
was met die besetting van Transvaal deur 'n klein Britse kontigent in 1877.
Hierdie voorval het direkte aanleiding gegee tot die Eerste Anglo Boere-oorlog
(let weer daarop dat reg deur die geskiedenis word gepraat van die "Anglo
Boere-oorlog" en nie die "Anglo Afrikaner-oorlog" nie) en teen 1881 is
die Britse magte tot so 'n mate deur die Boere verslaan dat die Britte
weer gedwing was om die Boere republieke te erken. Hierdie stap het
amptelike erkenning by die Londense Konvensie van 1884 verkry. Dit
was die tweede keer dat die Boervolk ingevolge die Internasio-nale Reg
erkenning as inheemse volk geniet het.
Dit is 'n prikkelende gedagte vir die mense
van die 1990's om te besef dat die eerste vryheidsoorlog teen 'n koloniale
meester in Afrika, juis deur die Boere teen die Blanke Britse kolonialiste
geveg was - en dit boonop dekades voordat enige Swart vryheidsoorloë
geveg was. Daar kan selfs geredeneer word dat alleenlik 'n inheemse
volk 'n vryheidsoorlog kan regverdig. Nogtans is dit net weer 'n
keer 'n bewys dat die Boere 'n inheemse volk is.
Die tweede poging deur die Britte om
die Boere te kolonialiseer, het tot die Tweede Anglo Boere-oorlog in 1889-1902
aanleiding gegee (Weer moet daarop gelet word dat dit die Anglo Boere-oorlog
was en nie die Anglo Afrikaner-oorlog nie). Hierdie oorlog het gelei
tot die ontwikkeling deur die Boere van die metode van gorilla-oorlogvoering.
Dit is sedertdien deur vryheidsbewegings reg oor die wêreld gebruik.
Alhoewel die Boere soos helde teen die oormag geveg het, het die Britte
'n wrede en tot nou toe onbekende wyse van oorlogvoering gebruik -- hulle
het die Boer-vroue en kinders bymekaargemaak en hulle in konsentrasie-kampe
reg deur Suid-Afrika ingeperk. In hierdie konsentrasiekampe het sowat
21 000 vroue en kinders gesterf weens geregtelike teregstellings, hongersnood
en mishandeling. Sowat 20% van die Boere-bevolking is op dié
wyse uitgewis.
Teen sulke onmenslike optrede kon die Boere
nie veg nie en uiteindelik het die Britte daarin geslaag om die Boere in
1902 te kolonialiseer, toe die Verdrag van Vereeniging, wat ook die einde
van die Tweede Anglo Boere-oorlog was, onderteken is. Maar, selfs
in hulle nederlaag, het die Boere steeds erken-ning ingevolge die Internasionale
Reg, ervaar.
Die houding van die Kaaps/Nederlanders en die
Engelse setlaars tydens hierdie oorlog, lewer ook verdere bewys dat hierdie
twee groepe hulself nie met die Boervolk geassosieer het nie. Alhoewel
'n paar Kaaps/Nederlanders wel die wapen opgeneem het en aan die kant van
die Boere geveg het (hulle het gou as die "Kaapse Rebelle" bekend gestaan
en was aan ernstige strawwe onderworpe as hulle gevang was) het die oorgroter
meerderheid van die Kaaps/Nederlanders en die Engelse setlaars in die Kaap
en Natal die Britse kolonialisering van Suid-Afrika gesteun. Dit
het in daardie tydvak ook die kolonialisering van vandag se Botswana, Zimbabwe,
Zambia en gebiede verder noord, ingesluit.
Die Verdrag van Vereeniging het dus beteken
die onderwerping van die Boere aan die Blanke Europese koloniale meesters
- 'n lot wat 'n menigte ander inheemse volkere te beurt geval het, en dit,
terwyl die Britte en ander Europese empires steeds Afrika en ander wêrelddele
as hul eie persoonlike besitting beskou het. Die Boere se geval was
egter uniek daarin dat hulle die enigste Blanke inheemse volk was wat aan
koloniale gesag onderwerp is - 'n volk wat deur die Britse Uitsaaikorporasie
genoem is "Die Wit Stam van Afrika".
7. DIE "AFRIKANERS"
Aan die einde van die Tweede Anglo Boere-oorlog
was daar dus drie sterk onderskeibare etniese groepe onder die breë
spektrum van die Blanke bevolking in Suid-Afrika:
(i) die internasionaal erkende
inheemse Boerevolk;
(ii) die Kaaps/Nederlandse Setlaars,
trou aan die Britse Empire en
(iii) die Engelssprekende Wit setlaars,
wat ook trou aan die Britse
empire was.
Die Britse Empire het besef dat hulle die Boere
vir eens en vir altyd onder beheer moes kry en 'n plan is toe bedink om
die Boere Republieke te neutraliseer - 'n plan om 'n soort "eenheid" tussen
die Boere en die ander twee Wit segmente in die Britse kolonies in Suid-Afrika
te bewerk.
Die nasionale konvensie van 1908, was die breinkind
van die Britse mees-ters van Suidelike Afrika. Hulle het gesorg vir
die skepping van die Unie van Suid-Afrika. Hierdie unie het bestaan
uit die voormalige Kaap Kolonie, die Natal Kolonie en die twee voormalige
Boere Republieke.
Hierdie unie was nie bloot 'n geografiese "gerief"
nie, maar 'n doelbewuste plan om te probeer om die Boere, wat onafhanklik
wou wees, te vermeng met die Kaap-Nederlanders en die Engelse setlaars.
Dit is noodwendig dat mens daarop moet let
dat die Britse empire hierdie tegniek van hulle ook in ander dele van Afrika
toegepas het, soos onder meer Nyassaland (Malawi), Noord-Rhodesië
(Zambië) en Suid-Rhodesië (Zimbabwe).
Die voorste verteenwoordiger van die Britse
Empire in Suid-Afrika, Sir Alfred Milner, het dit so gestel: "Die
nuwe taktiek (om die Boere te onderwerp) moet wees om die onderskeie gebiede
van Brits Suid-Afrika te konsolideer in een nasie. Alhoewel die konsolidering
aanvanklik die Boere in politieke beheer van die ganse Suid-Afrika sal
plaas, sal dit, ironies genoeg, uiteindelik tot hulle val lei".
Dit is natuurlik presies wat gebeur het, maar
nie voordat 'n nuwe naam vir die nuwe "nasie" waarvan Milner gepraat het,
ontwikkel is nie. Hulle sou nie daarmee voortgaan om die nuwe nasie
'n "Boere-staat" te noem nie want die Boere was toe 'n onderwerpte volk.
Hulle kon dit ook nie 'n Kaaps/Nederlandse staat noem nie want die Nederlandse
kolonialiste was toe reeds Britse kolonia-liste. Om ooglopende redes
kon dit ook nie 'n Britse staat genoem word nie. Die antwoord was
in 'n algemene term en so is die inwoners van die nuutgevonde unie "Afrikaners"
genoem. Alhoewel die woord einlik "African" (Swartmens) beteken,
is dit deur 'n groep Kaaps/Nederlandse propagandiste onder SJ du Toit in
1880 in literatuurwerke verpolitiseer (Dit was ook dieselfde jaar waarin
die Boere die wapen teen die Britse kolonialiste opgeneem het).
Dit was toe dat besluit was om die Boere, die
Kaaps/Nederlanders en die Engels-sprekende Wit bevolkings te vermeng en
hulle tot die versamelnaam "Afrikaners" te verdoop in plaas daarvan om
na al drie volgens hul etniese grondslae te ver-wys het.
Dit is dan hoe die wêreld begin hoor
het van "Afrikaners", alhoewel daar net 80 jaar gelede, nog nie so 'n woord
in die internasionale woordgebruik was nie.
Deur die Boere in die Unie van Suid-Afrika
in te dwing het die Britte die Boere mede-verantwoordelik gemaak vir die
beleid van rasse-segregasie, 'n beleid wat natuurlik deur die Britse koloniale
regering gemaak en in wetgewing vervat is.
Die nuwe "Afrikaners" - in der waarheid eintlik
'n koalisie van die drie Wit groeperinge - het hulle bes probeer om die
rasse en geografiese nalatenskap van die Britse koloniale tye te handhaaf.
Dit was as gevolg van hierdie ramp, dat die beleid van Apartheid ontwikkel
is.
Dit is van kardinale belang om daarop te let
dat die Boere, wat onwillig in die Uniewording van Suid-Afrika ingesleep
is, by die eerste beste geleentheid probeer het om hulself te bevry.
Dit is wat gelei het tot die 1914 Boere rebellie, wat geëindig het
toe sekere generaals uit die Boere-era doodgemaak of in tronke gestop is
deur die pro-Britse Unie van die Suid-Afrikaanse regering.
Dit is dus onregverdig van die internasionale
wêreld om die "Boere" te beskou as die mense wat verantwoordelik
is vir dit wat in Suid-Afrika plaasgevind het in die tweede deel van die
20e eeu. Die Boere was net soveel slagoffers van die koloniale magte
as wat menigte ander inheemse volk in Suid-Afrika was.
Milner se woorde (soos in 7.5 hier bo) is bewaarheid.
Deur die Boere in die valse Unie-wording van Suid-Afrika in te gedwing
het, is die Boere gedwing om hulle aan die breë Suid-Afrikaanse Britse
kolonie te onderwerp.
8. 'N INHEEMSE VOLK
Die valse Unie-wording van Suid-Afrika was
'n berekende poging om die oorspronklike Bitse beleid van rasse-segregasie
in Suid-Afrika te laat geld en verder uit te bou om uiteindelik te gelei
het tot die 1994-verkiesing en die bewindsoorname van die African National
Congress.
Die bewindsverandering beteken egter glad nie
dat die onderliggende redes vir die val van die Unie van Suid-Afrika (later
die Republiek van Suid-Afrika), uit die weg geruim is nie. Daardie
redes bestaan steeds, en dit is die realiteit dat daar verskeie etniese
groepe, inheemse volkere, in die groter Suid-Afrika is wat almal stry om
hul eie geografiese gebiede en leefruimte.
Die Boervolk is een van hierdie inheemse volkere.
Die Boervolk het nie verdwyn nie. Die Britse Empire het probeer om
die Boere uit hulle volkskap te manuvreer, maar in werklikheid het hulle
nie daarin geslaag nie.
Die bestaan van die Boervolk het niks in gemeen
met rassisme of apart-heid nie. Die Boervolk het bestaan lank voordat
daar Apartheid was. Die Boere-volk is 'n goed gevestigde inheemse
volk wat die eerste anti-koloniale vryheids-oorloë in Afrika geveg
het. Dit het geen verskil gemaak dat die kolonialiste ook Wit was
nie. As die Boere, volgens die wêreldmening, eenvoudig net
"wit ras-siste" was, dan sou die Boere nooit die wapen teen Wit kolonialiste
opgeneem het nie!
Die feit dat die Boere onderwerp was, neem
hoegenaamd nie die feit weg dat die Boere 'n eie volk is nie. Die
Boervolk het sy eie unieke geskiedenis, sy eie tradisies, feesdae, politieke
dispensasie, politieke filosofie, hulle het hul eie grondgebied gehad (Staat),
eie simbole, eie vlae, eie volksliedere, ens. - EN DIT ALLES HET UIT DIE
AFRIKA BODEM ONTWIKKEL! Die Boervolk is dus 'n ware inheemse volk,
en dit in kontras met die ander twee Wit etniese groepe in Suid-Afrika,
wat self niks nuuts of oorspronklik ontwikkel het nie, maar trou gebly
het aan die koloniale meesters se embleme en tradisies.
Die Boere vra nie om 'n Staat of gebied vir
die "Blankes" van Suid-Afrika nie. Dit is 'n klug waarmee weggedoen
moet word vir eens en vir altyd. Al wat die Boere wil hê is
'n eie onafhanklike gebied, net soos wat hulle gehad het voordat die Wit
kolonialiste hulle van vervreem het. Niks meer nie en niks minder
nie, word vereis. Ons herhaal: Hierdie het niks met rassisme
of ras te doen nie. Hierdie is eenvoudig die begeerte van 'n inheemse
volk om hulself te wees en hulself in hul eie geografiese gebied te regeer.
9. OPSOMMING
Dit is dus duidelik dat daar verskille tussen
kulturele groeperinge onder die Suid-Afrikaanse bevolking is.
Dit is ook belangrik om daarop te let dat die
kulturele verskille tot ‘n groot mate deur die groepe self beplan is en
dat die groepe sonder dwang en sonder wette tot stand gekom het.
Baie Engelssprekende Suid-Afrikans byvoorbeeld,
sal nooit instem as as Boere gedefinieer te word nie, terwyl baie
Afrikaanssprekende Blankes ook nie as Boere gedifinieer wil word
nie. Die veelrassige aard van die Afrikaner groepering,
soos tekenend is van die Afrikaner Broederbond
se 1998-besluit (soos wat vroeër bespreek is) is weer ‘n ander onderskeiebare
karaktertrek.
Wat heelwaarskynlik die duidelikste verskil
in die kulture van die Boere, die Afrikaners en die Britse Suid-Afrikaners
is, word geilustreer in hul politieke siening. Ten tye van die referendum
oor Republiekwording, het die Transvaal en die Vrystaat oorweldigend
ten gunste van ‘n verebreking van bande met Engeland gestem, terwyl die
Kaap en Natal tebn gunste daarvan was om ‘n Britse kneg te bly.
Vanweë hierdie verdeeldheid het Suid-Afrika
dan ook net-net met ‘n kortkop (51 persent) ‘n republiek geword. Dit was
basies die inwoners van die voormalige Boere-republieke van
Transvaal en die Vrystaat wat die knoop tot republiekwording deurgehaak
het.
Hierdie noord/suid verdeelheid het voortgeduur
tot hedendaagse tye met die noorde wat bekendstaan as meer konserwatief
as die suide.
Dit beteken nie dat alleenlik die afstammelinge
van die oorspronklike inwoners van die Boere-republieke as Boere kwalifiseer
nie. Die konsep Boer in teenstelling met Afrikaner en Britse Suid-Afrikaner)
is ‘n kulturele konsep en is dus oordraagbaat.
So ‘n assimilasie moet egter wedersyds wees
- dit is moontlik vir enigiemand om lid van enige van die genoemde groeperinge
te word - op voorwaarde dat hulle vatbaar is vir die begrip, asook op voorwaarde
dat die groep met wie hulle wil assimileer, hulle ten volle aanvaar.
So is dit moontlik vir Afrikaners om by die Britse groep aan te sluit (hiervan
was Sir Laurens van der Post ‘n goeie voorbeeld) en vir Britte om by die
Boer-groep in te skakel, net soos wat baie Iere en ander Europese
nasionaliteite gedoen het.
Die Boere kan uiteindelik gedefinieer
word as ‘n groep met ‘n gemeenskaplike genetiese erfenis (Europees)
en ‘n gemeenskaplike kulturele erfenis, wat sy wortels daarin het dat hulle
begeer om alleen deel te wees van ‘n nuwe afsonderlike volkskap.
9.1 Die Boervolk is vandag maklik uitkenbaar
deurdat alleen hy daarop aandring om homself in sy eie soewereine
staat te wil regeer, terwyl die Afrikaner die sogenaamde hervorming
en liberale denke gesteun het en steeds steun.
9.3 Die Boervolk is die enigste Wit faksie
in Suid-Afrika wat die status van
inheemse volk"
regverdig en na regte dus soewereine self-regering binne 'n
eie geografiese
gebied mag opeis en besig is om dit ten uitvoer te bring. |